Stiltetyd (Marita Van Der Vyver )
All books are secondhand and in good condition unless otherwise stated in the description below
Guaranteed Safe Checkout
Stiltetyd
About This Book
Condition & Size
Stiltetyd
Marita van der VyverMedium Paperback
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. ’n Dump, verwyt sy André, haar argitekman. Dit was sý idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in ’n nagmerrie ontaard toe haar jongste kind enkele weke voor hulle vertrek na Frankryk sterf.
In die vreemde sukkel elkeen met sy eie swaarkry: Emile – hulle dertienjarige seun – smelt weg in die dik klipmure van die huis om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. André stort al sy energie in die restourasieprojek en verdwyn tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype.
En Hester? Sy word ál stiller en meer afwesig, voer denkbeeldige gesprekke met ’n onwettige immigrant uit die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vind op ’n vreemde wyse aanklank by ’n weeskind uit Rwanda – onvoldoende plaasvervangers vir die dogter wat sy verloor het. Deur hulle ontdek sy opnuut haar liefde vir Afrika.
Stiltetyd is die meesleurende verhaal van ’n vrou se stryd teen ongeneeslike smart, van haar soeke na haarself, en van die skugter, moedige treë – terug – na die hart van haar man.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.