Norme Vir Afrikaans (W. A. M. Carstens)
All books are secondhand and in good condition unless otherwise stated in the description below
Guaranteed Safe Checkout
Norme Vir Afrikaans
About This Book
Condition & Size
Norme vir Afrikaans
W.A.M. CarstensExtra Large Paperback
'n Naslaanbron met 'n fokus op die norme wat in gedagte gehou word by die praktiese gebruik van Afrikaans. Daar word rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans.
Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan.
In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser.
Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel "Moderne Standaardafrikaans", wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers.
Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donuses supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.