HURRY! ONLY LEFT IN STOCK.

Lucas (Merwe, Karlien Van Der)

R 129.00 R 139.00
Tax included.

All books are secondhand and in good condition unless otherwise stated in the description below

Guaranteed Safe Checkout

maestromastervisapayflex
Order in the next [totalHours] hours %M minutes to get it between and

This product is currently out of stock and unavailable.

Notify me when this product is in stock

Description
Lucas - ReadMatter

Lucas

About This Book

Condition & Size

📖 Condition: Score 6.5/10 Good-Very Good
Observations: Inscription on the front page

📏 Size: Format C (Large Format 138x216/156x234mm) Paperback

Summary

Karlien van der Merwe se Lucas verskyn dié jaar en kry as oorlogsroman dadelik ’n volwaardige plek in die Afrikaanse literatuur. Die skrywer skep met sorg en meelewendheid ’n verhaal oor die lyding van die Boerevolk tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Sy slaag daarin om met klein komposisies en tonele ’n eenheid te bou waarin ons Lucas waarneem wat reeds as jong seun, en later as man, deeglik alle aspekte van verlies beleef. Saam met die gemeenskap en die beleërde volk wat in die vuis van die vyandigheid en gevangenskap al vaster geknel word.


Die skrywer se presiese toneelopstellings, byvoorbeeld die plaas en die losieshuis, betrek die leser gou sensories by die bedrywighede, byvoorbeeld by die opveiling. Die geure van masjienolie en stysel beréik ons, en wanneer die kleure van die landskap, waarin tyd gelees kan word, ons oë binneval, word die ritrympies, die raaisels en aanhalings ’n sagte dreunsang wat met die bekende geneesblaar, jagsiekbossie of koorsbossie, die pyn wat met die verloop van die boek kom, wil verweer.


Dit is veral die klank van die skrywer se woorde, asook die ritmiese beweging van haar sinne, wat reeds vroeg in die boek ’n emosionele impak op die leser maak, saam met die metafore en vergelykings: ballasmandjies vol word op die wa gelaai, groente uit die agtertuin – en dan heel later: daar slaan ’n stoffie aan die voet van die koppie op.


Die tempo van die boek draal oor gebeure soos ’n golwende landskap in sepia, en aanvanklik is dit reg en mooi dat die idilliese so geskep word. Die beweging word uiteindelik egter net te traag om die uiteindelike betekenis met vernuf oor te dra. Dit is asof die stof die idee wil oorrompel. Dit wat met ons gelaat moes geword het, word vasgevang in die ratwerk van die wiel en die wa kom net te ongemerk op die werf aan.


Sou Van der Merwe met dieselfde geesdrif en navorsing, haar wonderlike skerp waarneming, haar hoofkarakter voor groter besluite en keuses geplaas het (innerlik of andersins), kon die traagheid verhoed geword het. Tempowisseling is vir die verhoog sowel as vir die gesproke en geskrewe woord belangrik om die onafgebroke aandag van die hoorder, leser of kyker te kry.


Die boek is nietemin ’n aanwins vir elke geskiedenisbewuste leser én – vanweë sy onmiddellikheid – ook vir die algemene leser. Karlien van der Merwe laat jou lag én huil, en haar humor maak van haar ’n skrywer van wie jy weer wil hoor. Sy is ook ’n digter en een van die skrywers van die Huis vir Afrikaanse Poësie. Haar verse sal binnekort in vanjaar se Nuwe Stemme verskyn.

About ReadMatter: Your Online Bookshop for Secondhand Books

At ReadMatter, we’re all about bringing books to life and connecting stories with readers across South Africa. We stock over 10,000 books and 4,000 authors at any time, with a massive reservoir of 100,000 additional titles available on request. Whether you're searching for a beloved classic or a hidden gem, we’re here to help you find your next great read.

Since we started in 2019, we’ve delivered over 15,000 books to readers all across the country. Every week, we add more than 250 new books to our website, ensuring there’s always something new to discover. With a monthly sell-through rate of 30%, 1 in 3 books you see today will find a new home within a month—so don’t wait too long to grab your favourites!

The stat we’re most proud of? Our perfect 5-star Google rating and 100% positive customer satisfaction on Bobshop. These reflect our commitment to delivering not just books, but also happiness and joy to every reader.

We’re big enough to deliver anywhere in South Africa with a street address but small enough to care deeply about every book we send out. At ReadMatter, every order makes a difference. Join us in celebrating the magic of stories and the joy of reading.

© 2025 ReadMatter | Bringing Stories to Life