HURRY! ONLY LEFT IN STOCK.

Die Verhaal Van Racheltjie De Beer (Brett Michael Innes )

R 99.00
Tax included.

All books are secondhand and in good condition unless otherwise stated in the description below

Guaranteed Safe Checkout

maestromastervisapayflex
Order in the next [totalHours] hours %M minutes to get it between and

This product is currently out of stock and unavailable.

Notify me when this product is in stock

Description

Die Verhaal Van Racheltjie De Beer


About This Book


Condition & Size

Die verhaal van Racheltjie de Beer

Brett Michael Innes

Medium Paperback

Die naam Racheltjie de Beer wek vele herinneringe en emosies op by diegene wat reeds die aangrypende verhaal ken. Nou het 'n plaaslike rolprentvervaardiger nuwe lewe in hierdie eg Suid-Afrikaanse volksverhaal geblaas. Die verhaal van Racheltjie de Beer wat aangepas is en in die laat 1880's afspeel, vertel van die De Beer-gesin wat gedwing word om op 'n plaas in die Oos-Vrystaat skuiling te soek nadat hulle wa breek. Winter is in aantog en saam met die onheilspellende, sneeubelaaide wolke wat van die Drakensberge af inwaai word die gesin deur tragedie getref. Brett Michael Innes, 'n Johannesburgse rolprentvervaardiger, het hierdie debuut- roman geskryf nadat hy die draaiboek vir 'n rolprent, gebaseer op die verhaal, voltooi het. Tydens die vooraf-produksiefase van die rolprent het die uitgewers, Naledi, hom genader met die idee om 'n roman uit te gee wat op die draaiboek gegrond is. Met die moontlikheid om self 'n roman te skryf in gedagte, het Innes ingestem. "Gewoonlik word 'n roman eers geskryf voordat 'n rolprent vervaardig word, of andersom," se Innes. "Die eienaardige van hierdie projek is dat die roman reeds voltooi en op die rakke beskikbaar is, terwyl voorbereidings vir die verfilming van die draaiboek wat eerste geskryf is, nog in die beginstadium is." Een van die uitdagings van die verhaal is dat die meeste Suid-Afrikaners reeds die einde ken. Innes het die feit gebruik om die storielyn te versterk. Hy is oortuig daarvan dat die bestaande emosie en nostalgie rondom die verhaal in sy guns tel. "Dit is soos die Titanic, of die Passion of the Christ," se Innes. "Mens weet reeds hoe dit gaan eindig, maar onderneem in elk geval die reis saam met die karakters om uit te vind hoe hulle daar uitkom. Dit laat my toe om voorbodes en leidrade in die stories te plant wat die einde vooruitloop. Dit gee die leser die gevoel dat hy iets weet wat die karakters self nog moet ontdek." Die ironie van die hele projek is dat die verhaal, wat waarskynlik een van die mees geliefde Afrikaner-volksverhale is, deur 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner vertel word. Innes is maar al te bewus hiervan en respekteer dit. "Dit was werklik belangrik dat ek beide die verhaal en die kultuur en taal waaruit dit gebore is eer," se Innes. "Om daardie rede het ek reeds in die beginstadium van die produksie van die rolprent en die roman samewerking met sleutelrolspelers van die ATKV, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en die genealoog, DW de Beer gevestig. Ek wou verseker dat my Engelse agtergrond so min as moontlik in hierdie Afrikaner-volksverhaal deurskemer deur noue kontak te handhaaf." Innes het die roman in Engels geskryf waarna Cecilia Kruger, Hoof Vakkundige Beampte van die Erfenisstigting in Pretoria genader is om die manuskrip in Afrikaans te vertaal "Dit is 'n aangrypende verhaal vol emosie," se Kruger. "Met min feite tot sy beskikking het Brett daarin geslaag om 'n verhaal te skep wat van sensitiewe insig in, en empatie met die karakters spreek.

About Readmatter Online Used Bookshop

Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.